Augustus
Ek onthou Augustus met sy geniepsig piets
met al my skool klere om my maar nog steed rillend.
Ek onthou Augustus met die koud wat skelm skuil
as die stoom my verder afkoel in Moreletta se kuil.
Ek onthou Augustus se huiswerk doen voor skool.
Hande hou in die donker waar Silvies se gees gool
Ek onthou Augustus se huil van koud op wag.
My polisiejas drippend van die dou – nog n bitter nag
Ek onthou Augustus se kerkplein met mallend bus en mense.
Ek onthou die pyn wat ons gemaak het – met ons valse grense.
Ek onthou Augustus se warm ontsnap na skuim koffie.
Ek sien nog die studente om my en ek sien nog die prag van my liefie
Waar is ons Augustus? Waar is daardie koud?
Ek ruil graag hierdie verte vir al Pretoria se goud.
Waar is ons Augustus? Nou is daar net gloed.
My hart soek na n antwoord want om my is net my bloed.
Waar is ons Augustus?
August 13, 2009 at 1:02 pm
Is that Vogon poetry?